.
 

Vir alle lekkerbekke en sjokoladesjefs

ROOI ROSE, Augustus 2005

Knysna se Gastronomica-fees bied vanjaar op 30 September die eerste keer aan alle professionele fyngebak- en ander sjefs, kulinêre studente en leermeesters die kans om met die eeste jaarlikse Sjokolade- en Fyngebak-uitdaging hul talente ten toon te stel. Altesaam tien finaliste het die kans om 'n week lange gastronomiese en opvoedkundige reis na Switserland te wen. Dit sluit in 'n professionele fyngebak- en sjokoladewerk-seminaar by Felchlin's se opleidingsplek, Condi Rama, in. Vir meer inligting besoek die webwerf by gastronomicakny.co.za

Die Gastronomica-fees word vanjaar van 23 September tot 1 Oktober op Knysna gehou. Dis 'n fees is vir alle kosgeesdriftiges wat graag wil proe, geniet, deel en leer. Bespreek jou plek so gou moontlik op die webwerf hierbo.

 

Site designed and hosted by S2 Web Solutions.